Beleef egte plaasgasvryheid by Papkuilsvlei.
Papkuilsvlei Selfsorg Plaashuis
Ervaar egte plaas gasvryheid by Papkuilsvlei, naby Redelinghuys
Ontdek 'n pragtige gemeubileerde plaas huis wat Wi-Fi, rustigheid en pragtige plattelandse uitsigte bied.
Hierdie bestemming is perfek vir families, paartjies en reisigers wat die skoonheid van die plattelandlike lewe en die eenvoud wat dit bied, waardeer.
Ontsnap na Papkuilsvlei – ’n egte Sandveld plaaservaring
Kom rus jou siel waar stilte, natuur en warmte saamvloei. Net 50km buite Piketberg, rigting Elandsbaai, wag Papkuilsvlei – ’n plek waar plaaslewe jou rustig en opreg verwelkom.
👨👩👧👦 Slaapplek vir 8 gaste
💰 R350 per persoon
🎉 Hou ons webwerf of Facebookblad dop vir spesiale aanbiedinge!
🐾 Diere welkom
🧒 Kinders welkom
📅 Stuur ’n WhatsApp vir beskikbare datums
Kamer 1: Perde
Koningin Grootte Bed (slaap 2)
'n Ruim kamer met 'n groot koningin grootte bed en natuurlike lig.
Die vensters bied 'n rustige uitsig oor die plaaslandskap.



Kamer 2: Beeste
Koningin grootte bed. Slaap 2.
Hierdie kamer het 'n koningin grootte bed en is naby die badkamer geleë. Die uitleg van die kamer skep 'n warm, gesellige atmosfeer.



Kamer 3: Donkies
2 x Enkelbeddens. Slaap 2.
Hierdie kamer is ideaal vir kinders of vriende. Die donkie tema is oulik en gee aan die kamer 'n unieke gevoel.



Kamer 4: Varkies
2 x Enkelbeddens. Slaap 2.
Hierdie kamer is knus en enige dogtertjie se droom! Pragtige uitsig oor die tuin.



Badkamer
Gerieflike groot badkamer met wasbak, bad, toilet en stort.



Kuier Vertrek
Hierdie vertrek bied jou alles wat jou hart begeer om jou verblyf onvergeetlik te maak. Hier kan jy kuier, ontspan, bord speletjies speel en herineringe maak wat jou nog jare gaan bybly!

Lees Hoekie
Raak hier stil en verdiep in jou gedagtes of in 'n boek.


Kombuis
Kom bak en brou in ons egte plaaskombuis! Hier kan jy jouself verloor in die lieflike uitsig, terwyl jou potjie op die stoof prut.


Eetkamer
Eet heerlik hier na jou avontuur op die plaas! Gesellig en net lekkerrrrrr!

