Laat wegbreek besluit! Koperbas

Welkom By Koperbas Wegbreek

 

In 2016 het ons ‘n nuwe hoofstuk begin met ‘n droom om weer ons deure oop te maak vir ons vriende en familie asook gereelde gaste van ons ou plaas Meloti Valley. 

 

Kampe geskik vir verjaarsdae, familie re-unies, en net lekker kuier saam met vriende!

 

 

Ons Akkommodasie

 

AMPER BO 4x4

 

  AMPER BO 4x4 – kamp, slegs vir 4x4 voertuie.

Die kamp is gelee teen die berg en het beeldskone panoramiese uitsig oor die hele Vallei! 

Akkommodeer  12 volwassenes en 5 kinders. 

Naweek kan wees vanaf Vrydag oggend tot Maandag oggend.

Minimum bespreking van 6 persone. 

Kamp is ten volle toegerus, swembad, groot lapa,  kombuis, yskas, vrieskas en  braai.

Voorsien  u eie swemhanddoeke, ys en vuurmaakhout.

6 Chalets ten volle toegerus,  met elk eie stortgeriewe en toilet.

Donkie vir warmwater wat self beman moet word, hout word voorsien.

Groot skadu afdak vir voertuie .

Troeteldier vriendelik.

Wildsritte op aanvraag beskikbaar.

Skoonmaker op aanvraag beskikbaar.

 

OPPIE STOEP

 

Heerlike groot stoep waar lekker gekuier kan word met sonsondergang en beeldskone uitsig oor die Vallei en berge! 

Houthuis met 3 slaapkamers en twee badkamers, oopplan kombuis en sitkamer met lekker stoep. Hierdie kamp is gelee onder die berg en hoef nie 4x4 voertuie te he nie.  Slaap 12 persone, ekstra eie tente of karavane welkom.  Naweek kan wees van Vrydagoggend tot Maandag oggend.

 3 Chalets met 2 badkamers, groot lapa, braaigeriewe en klein swembad.  

 Ten volle toegerus, yskas en vrieskas .

 Voorsien eie handdoeke.

 Troeteldier  vriendelik.

Wildsritte op aanvraag

Skoonmaker op aanvraag.

 

 

 

MAROELA 4x4

 

MAROELA  kamp terrein, slegs vir 4X4 voertuie. Die kamp is op die agterste gedeelte van ons  plaas gelee en is baie privaat en afgesonder vir, net lekker lui wees en kuiers! 

Het buite skottelgoed opwasbak, enkel ablusiegeriewe en braai geriewe.  

Slegs koue kanaalwater, voorsien eie drinkwater.

Groepbesprekings  voorkeur.

R120 per persoon per nag.  Kinders onder  12 halfprys en onder 6 gratis.

 

 

NABY GELEE PLEKKE:

RENOSTERKOP ( R&R)

Enige kind se droom – swembaddens, glybane en speelparke

Kroeg en Restaurant

_____ 

RUBY RIVER LODGE

6KM  VAN KOPERBAS

Kroeg en  Restaurant

 

Gaan Besoek Gerus Ons Facebook Blad En Gaan Like Ons Blad

Kliek Die Skakel Onderaan Die Logo

(1) Koperbas | Facebook